Deel

Verduidelik afstand en die groottekonsep

akkreditasie
Doen die volgende aktiwiteite met jou kind om hulle vir grootskool voor te berei.

Jou kleinding is een van die dae op pad skool toe en daar is sekere mylpale wat hulle vir die groottekonsep moet haal hierdie jaar. Hulle sal verskillende groottes op 2D-vlak herken en ook verstaan dat voorwerpe kleiner lyk wanneer dit verder van jou af is. Doen gerus die volgende aktiwiteite met jou kind om hulle vir grootskool voor te berei.

Gee vir jou kind ‘n verskeidenheid knope van verskillende groottes. Laat hulle dit van klein na groot en dan groot na klein pak. Vermeerder die hoeveelheid knope om die speletjie moeiliker te maak of verminder dit as jy sien jou kleintjie sukkel.

Verduidelik vir jou kleinding dat voorwerpe al hoe kleiner lyk soos dit verder weg van ons beweeg. ‘n Voëltjie is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Soos die voëltjie verder vlieg, lyk dit kleiner, maar dit bly dieselfde grootte. Wanneer dit weer nader aan ons vlieg, lyk dit groter, maar dit beteken nie dit het groter geraak nie. 

Teken vir jou kind ‘n klomp sirkels van twee verskillende groottes op ‘n papier. Laat hulle die kleiner sirkels groen inkleur en die groter sirkels rooi. Sodra hulle dit mooi onder die knie het, kan jy nog sirkels van nog twee groottes byvoeg en vra dat hulle dit blou en geel inkleur. 

Gee vir jou kleinding verskeie items van verskillende lengtes. Takkies, stukkies tou, roomysstokkies of linte werk goed hiervoor. Laat hulle dit van kort na lank rangskik. Doen nou dieselfde met voorwerpe van verskillende diktes soos blokkies. 

Onthou, jou kind ontwikkel teen hulle eie pas en mag dalk nog jou hulp nodig hê. Lei hulle soos nodig, maar probeer geduldig wees en moenie inmeng as hulle dit self wil probeer baasraak nie.

Kliek hier vir meer oor hoe om die groottekonsep te ontwikkel.

Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Februarie tot Mei 2024

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees