Q&A: Slaap roetine
Ons seuntjie ( 3 J 3m) slaap nog by ons in die kamer. Hy raak op ons bed aan die slaap en dan skuif ons hom na ’n matras voor die bed, waar hy die meeste aande deurslaap, tensy hy homself oopskop en koud kry. Ek is nou weer 4 maande swanger. Hoe kry ek hom om in sy eie kamer te gaan slaap. As ek hom nou probeer skyf sal hy vinnig in sy slaap vir my vertel ek by mamma slaap. Ek sal graag ook nie die nuwwe so lank by ons in die kamer hou nie, wat is ’n gepaste ouderdom om die kleinding uit te skuif ?
Source

Hierdie is n penarie wat baie gereeld gebeur. Ongelukkig doen hy net wat sy mamma en pappa hom geleer het! Hy ken glad nie van beter nie en dit gaan heelwat dissipline (aan julle kant) en geduld neem om sy slaappatroon te verander. Ek stel die vlge voor.

  1. Gebruik sy gunsteling storie boek karakter en rig sy kamer in volgens die nuwe tema.
  2. Praat gereeld van die nuwe baba en die feit dat hy nou die baie belangrike "ouboet" is wat so n groot man is.
  3. Probeer dat hy ten minste in sy eie kamer aan die slaap raak.Sit op n stoel langs sy bed, maar moenie by hom le nie.Soos wat hy gewoond raak aan die nuwe roetine skuif jou stoel verder en verder weg totdat jy by die deur uit is.
  4. Gebruik n sterretjie kaart as beloning vir elke aand wat hy in sy eie bed slaap. Jy kan ook plakkers of 5 smarties vir ontbyt (minder goeie manier) gebruik as motivering.
  5. Daar moet n baie voorspelbare bedtyd roetine wees wat elke dag presies dieselfde is.

Sterkte

Read Parent24’s Comments Policy

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
NEXT ON PARENT24X
 
 
 
 
Directories

Everything from parties to pre-schools in your area.