Aishwarya Rai's double chinThe world's most beautiful woman doesn't lose her post-baby weight and suddenly she's unattractive. Are her fans superficial or ridiculous?
 
The dirty secrets of birth rapeMedical professionals are allegedly covering up gross trauma against birthing mothers.
 

Parent24 : Baby : care nutrition : Babas in die kroeg


 

Babas in die kroeg

 
Moet jou kinders by jou sosiale lewe aanpas – of jy by hulle s’n?
By Sumanda Maritz
Article originally in Parent24
Laas naweek word ons uitgenooi na ’n braai by mense wat ons nie goed ken nie.  Die geselskap was ’n mengelmoes van ouderdomsgroepe.  Van die ouer mammas en pappas, wat my en manlief ingesluit het, tot die jongetjies, wat vroeg begin het met ’n gesin.

Wat opmerklik geword het later die aand, was die verskil in ouerskap tussen die twee groepe.  Die groter meerderheid van die jong ouers se kinders moes maar aanpas by hulle sosiale lewe. Waar dit duidelik was dat die meeste van die meer volwasse ouers eerder hulle sosiale lewe aangepas het by hulle kinders.

’n Goeie voorbeeld was een jong pappa wat vir drie dae verdwyn het met ’n kuiersessie.  Maar dit is nie net die jonges wat hulle sosiale lewe verkies bo hulle kinders nie.  Ek weet van ’n ouerpaar in my eie ouderdomsgroep wat so te sê elke naweek hulle kinders by ouma aflaai om dan die hele naweek te rinkink.

Dan praat ons nie eens van die kinders wat in restaurant kroeë groot word nie. Daar waar boetie en sussie tussen die tafeltjies speel wanneer pappa en mamma die rugby kyk, sigaret en bier in die hand. Daardie selfde outjies wat later op die vloer by mamma se voete lê en slaap wanneer die rugby-kyk ’n laat aand word.

Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer lyk dit vir my na ’n duidelike teken van die verskil in uitkyk wat ouerskap betref.  My kinders is die belangrikste of my plesier is die belangrikste. Ek en manlief het ons hele sosiale lewe verander na die kinders opgedaag het.  Ander ouers het die keuse gemaak om hulle kinders te laat aanpas by hulle sosiale lewe.

Waar ons vroeër gereeld in ’n kroeg of klub na ’n orkes gaan luister het en ander lekker jongmens goeters aangevang het, insluitende vroeë oggendure, doen ons deesdae familie georiënteerde vermaak.  Rugby word by die huis gekyk, so ook die meeste kuiersessies met vriende. Eenkeer in ’n leeftyd sal ons die kinders by ouma los en ’n aand alleen gaan geniet.  Vir ons is roetine en dood eenvoudig net daar wees vir ons kinders meer belangrik as om ons eie plesier na te streef. 

Ek moet erken dat ek die ander soort ouers se punt kan insien. Soms voel ek ook lus om saam met die res van my kinderlose vriende weer die wilde naglewe te gaan geniet.  Ek dink ook dat dit moontlik ongesond kan wees om jouself uitsluitlik aan jou kinders toe te wy, maar as my kinders weekliks saam met my in ’n kroeg moet groot word net om by my aan te pas, dink ek dit is bietjie te vêr gevat.

Moet kinders by ouers se sosiale lewe inpas?
 
Read more on: baby  |  life  |  routine
Comment on this story
7 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.