Is 3 kinders een te veel?
Was destyds se ma’s beter ouers as vandag? Hoekom sukkel ons met meer as twee?
(iStockphoto.com)
Source
‘Om drie kinders te hê is dubbel soveel werk as twee.’ Dit was die wysheid van ’n ma met 3 klein kindertjies by die see. Ek was swanger met die tweeling en my oudste seuntjie was druk besig om saam met haar kinders sandkastele te bou.

‘Jy sien met twee kinders het jy ’n hand vir elke een. Jy kan twee kleintjies gelyk op jou heupe dra, maar wanneer jy drie het, sukkel jy om hulle almal te hanteer.’

Drie jaar later en ek kan nog ’n punt by sit. Skeep jy een of twee van hulle af omdat ’n derde een meeste van jou tyd vat? Alle kinders het verskillende behoeftes en jonger kinders vat ongelukkig nou maar net meer tyd van jou as ouer kinders. Ek lewe in vrees dat my oudste verwerp voel omdat ek meer tyd aan sy baba sussie spandeer as aan hom.

Die populêre ouerskap sieninge help ook regtig nie om my vrese te verminder nie: blameer die ouers as iets verkeerd loop.

Hoe belangrik is hedendaagse sieninge oor ouerskap werklik?  My ouma het 6 wel aangepaste kinders groot gemaak. Moet nie vir my sê dat vrouens daardie dae by die huis was en kinders opgepas het nie.  My ouma was ’n beroepsvrou wat 6 dae in die week gewerk het.  Sy moes, daar was geen ander manier wat hulle kos op die tafel sou gehad het nie.

Is dit moontlik dat die hedendaagse ouerskap neigings nie noodwendig reg is nie?  Die gewildheid van blameer alles en almal rondom jou wanneer iets verkeerd loop is besig om die norm te word.  As die kind nie presteer op skool nie, blameer die skool, of die ouers, of die omstandighede. Wat as die kind net te lui is om te leer?

Boeke wat hedendaagse ouerskap bevraagteken sluit in ‘Kweek gesonde gesag’ deur Hettie Brittz. Dit spreek duidelik die noodsaaklikheid aan van streng gesag in die vormings jare van ’n kind en die noodsaaklikheid om jou gesag styl aan te pas soos wat hulle ouer word. Sy blameer die media se aanslag op gesagsfigure, die Humanistiese klem op regte ten koste van verantwoordelikheid en ons verdraagsaamheid vir postmoderne ouerskap-perspektiewe vir die te kort aan respek vir ouers.

It’s Not Fair! Parenting the Bright and Challenging Child’ deur Gill Hines en Alison Haverstock sê dat ouers die fout maak om van kleins af kinders te hanteer soos volwassenes deur alles te verduidelik en met hulle te wil redeneer. Jy kan kortliks verduidelik, maar eers moet daar ’n duidelike reël wees met nagevolge vir oortreding. Die belangrikste is om duidelik nee te sê en dan daarby te hou, maak nie saak hoe erg die vloermoer raak nie.

‘The Spoilt Generation: Why Restoring Authority Will Make Our Children and Society Happier’ deur Dr. Aric Sigman gaan so vêr as om die groeiende getal oorgewig kinders as resultate van hedendaagse ouerskap metodes aan te wys.  Volgens Dr. Sigman is daar duidelike bewyse dat gesagvolle ouerskap en ’n duidelik hiërargie in die familie gelukkiger gesonde kinders tot gevolg het.

Nie een van hulle sê dat daar terug gegaan moet word na die outydse ‘slaan dood’ metode van kinders groot maak nie, wat wel beklemtoon word is die noodsaaklikheid vir duidelike grense asook ferm hantering van oortreding.

Nou moet ek nog net ’n twee jarige so vêr kry om te verstaan wat beteken die woorde ‘wag net ’n bietjie, ek sal nou’.

Hanteer hedendagse se ouers ons kinders te veel soos volwassenes?

Read Parent24’s Comments Policy

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
14 comments
Comments have been closed for this article.
NEXT ON PARENT24X
 
 
 
 
Directories

Everything from parties to pre-schools in your area.