Share

"My preemie gebore op 26 weke"

accreditation

Ons is so geïnspereerd deur julle tydskrif dat ons graag ons storie aan julle wil vertel.

Ons babatjie is op 26 weke gebore in die Baragwanath staatshospitaal. Hy was vroeg as gevolg van pre-eclampsia, wat veroorsaak het dat ek nier- en lewerversaking opgedoen het. Later is hy met HELP sindroom gediagnoseer.

Ons het reeds 3 ander kinders en nie met een van my vorige twee swangerskappe was daar probleme nie, en dit was vir ons verskriklik vreemd.
 
Ondanks alles het die dokters besluit dat Aidan op 5 Maart 2012 die lewenslig sou sien. Hy het 915g geweeg en was maar 30 cm lank. Hy was letterlik die kleinste lewentjie wat ek nog ooit gesien het.

Vir ons was dit 'n verskriklike tyd...

In die eerste week van sy lewe het hy 3 cardiac arrests gehad, 'n beskadigde brongulêre pypie (as gevolg van 'n dreineringspyp in sy longe), apnoea-aanvalle, longontsteking, bloeding op die brein, NEC, en nog baie ander voorvalle wat die arme ou liefieding van ons moes deur maak.
 
Aidan was 3 en 'n half maande in die hospitaal en die dokters was vas oortuig dat hy op suurstof moes huis toe kom want hy het kroniese longinfeksie gehad.

Vandag is Aidan 5 maande oud en weeg 'n rapsie oor die 3 kg maar hy is blakend gesond! Ons loof en prys die Here dat Hy ons Aidan deurgedra het in 'n tydperk wat vir ons loutere hel was... Om daar te staan en kyk na jou babatjie en jy kan NIKS doen nie was die ergste ding wat ek in my hele lewe sal moet deurgaan...

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE