Het ouerskap die antwoord tot evolusie?
Die antwoord tot die evolusie debat mag dalk net in die woonhuis opgeklaar word.
Source
Ek het ’n teorie. Jy mag dalk nie saamstem nie, maar ek vermoed dat vele moeders met kleuters gaan presies weet waarvan ek praat. In my teorie is die uitsterwing van die prehistoriese man te danke aan sy nageslag. Meer presies, as dit nie vir sy kinders was nie, het hulle dit dalk oorleef.  Daarom is dit onmoontlik dat ons van die Neandertal of Cro-Magnon man kan afstam.

Dalk sit ek nou die pot heeltemal mis, maar het enige van julle onlangs ’n kleuter dop gehou?  Hier tussen die ouderdom van 2 en 3 vind daar ’n skeiding tussen gehoor en dissipline plaas.  Hulle luister net nie meer vir jou nie. Dit beteken nie hulle kan nie hoor nie, net dat hulle verkies om jou nie te hoor nie.

Met dit nou in gedagte probeer die volgende verbeel: Daar staan pappa, mamma en boetie Neandertal man en kruip weg vir ’n angswekkende grootbek leeu, of wolf, of wat ook al die gevaarte van keuse is. Pappa en mamma weet nou moet daar stil gebly word, maar boetie is so amper 3 jaar oud en het besluit sy ma en pa praat maar net... Vat ’n raai wie het lekker geëet daardie aand...

En dit is ook nie net die groot gevaartes waar die teenstrydigheid van ’n kleuter ’n probleem kan skep nie. Al ooit vir ’n kind gesê moet nie vat nie? En dan was dit dalk ’n slang. Nog ’n beter een: Moet nie daarop klim nie! Reg langs die afgrond. Selfs: Jy kan nie dit eet nie! En dan is die helfte klaar ingesluk.

Die ergste van alles

Die ergste van die hele petalje is dat jy in jou kind se ogies kan sien, nou gaan hy vir jou so in die verleentheid steek dat jy nooit weer jou gesig in die hele dorpsgebied kan wys nie. Soos myne wat die naweek geskree het ‘Gee my terug my WYN!’ by ’n kaas en wyn geleentheid.

Ook maar goed dit was ’n familie funksie waar die meeste mense ten minste op ’n manier verstaan. Of altans die bloed bande was dik genoeg om die verwerping van die ouers te voorkom. O ja en die mannetjie van 2 en ’n half het dit reggekry om vir homself ’n glas rooiwyn in te skink...

Hedendaagse gevolge is gelukkig minder drasties as in die verre verlede. Toe was dit gehoorsaam of kom om. Ek dink ons weet wat hulle uiteinde was.

Alhoewel, as jy vier tiener seuns by die Spur gesien het met ribbetjie dag, mag jy dalk twee keer hieroor dink. Al wat jy hoor is Ugh, Ugh, Gnf wat met ’n rondswaai van half verorberde ribbetjies gepaard gaan.  Beste van alles, hulle verstaan mekaar...

Hoe sê jy? Ly ons kindertjies ons in die noodlot in?

 

Read Parent24’s Comments Policy

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.
NEXT ON PARENT24X
 
 
 
 
Directories

Everything from parties to pre-schools in your area.