Print it: Mother's Day CardsPrint one of these awesome Disney Junior Mother's Day cards for your kids to give to Mom.
 
Top 10 recipes for working momsSome quick and tasty recipes for supermom.
 

Parent24 : Preschool 2-6 : development behaviour : Tweetalig van kleins af?


 

Tweetalig van kleins af?

 
Is dit waar dat kinders wat tweetalig grootgemaak word stadiger leer praat?
By Sumanda Maritz

Pic: iStockphoto.com

Article originally in Parent24
Ouboeta is nou op 3 jaar uiteindelik op die oulike stadium. Sy woordeskat brei uit teen die spoed van ‘n 747. Maar dit was nie altyd so nie. Ouboeta is jou tipiese lui prater. Nie met die hoeveelheid nie, maar met die korrektheid.

Maar ek’s onregverdig - eintlik moet ek spog en sê Ouboeta praat al drie tale. Afrikaans, Engels en sy eie taal. Vir lank was sy eie taal omtrent al wat hy wou praat.

Ek het nou al gehoor dat kinders wat meer as een taal op ’n slag leer praat stadiger leer as ander. Wel, ek weet nie of dit die twee tale saam leer praat of net Ouboeta se luiheid is nie, maar hy is definitief agter gewees met sy pratery. Net nadat hy begin woorde sê het, het hy besluit dit is te moeilik om te onthou waarvoor die pappa en mamma ding is. Hy het sommer enige een van die twee ingespan wanneer hy wou praat. So ek was gereeld pappa en manlief het gereeld mamma geword. Gelukkig weet ons wie dra die broek in die huis.

Ons probeer maar om by Afrikaans te bly in die huis. Engels tel Ouboeta van die TV af op. Met al die kinderprente saam het Ouboeta besluit daar is vissies en daar is Fish met ’n hoofletter. ’n Fish is ’n baie groot vissie. So in die bad word die wit vis ’n vissie en die pers walvis ’n Fish.

Ouboeta het nou die dag leer asseblief sê. Maar in Ouboeta taal kom dit uit as “as’bes”. Hy verkeer onder die indruk dat wanneer hy iets vra wat ons nie wil gee nie, kan dié woord uitgehaal word en ons sal dit dan doen.

Gisteraand in die bed, vra Ouboeta vir tee “as’bes”.  Ek vra vir hom om asseblief die wasgoedpennetjies waarmee hy gespeel het van die vloer af op te tel dan sal ek gaan tee maak. Met sy gewone stopstraat reaksie, besluit ek as hy nie vir my luister nie, gaan ek nie vir hom luister nie.  Na ’n rukkie hak Ouboeta weer af “Tee maak, mamma, As’bes.” Sonder reaksie van my sê hy weer met sy oë groot in sy ernstige gesiggie “As’bes, mamma, As’bes!”.

Sê julle vir my, watter taal is dit nou weer?
Read more on: language  |  preschool  |  development  |  child
Comment on this story
10 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
 
 
 
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.