Win with MysmartkidJoin Mysmartkid today and stand a chance to win a LeapFrog LeapPad worth R1 999!
 
Are SA students spoilt rotten?Children who receive for financial aid from their parents get worse grades at university.
 
Search

Gawe oom Gert van Rooyen

 
Sumanda Maritz vertel van haar noue ontkoming met die monster, Gert van Rooyen.
By Sumanda Maritz
Article originally in Parent24
Kyk ek is nou nie werklik een wat daarvan hou om groot te praat nie, maar hierdie is een van daardie raar-maar-waar stories wat nou eenmaal net te goed is om nie te vertel nie.  

Die jaar voor die gebeurtenis was ’n swaar jaar vir ons familie. Twee van my nefies is teen die einde van die jaar oorlede. Werner is deur ’n afleweringsvoertuig getref en Willie het in Desember die stryd teen kanker verloor.  Halfpad deur ons vakansie by die see, het ons terug gery vir sy begrafnis.

Die volgende jaar is kleinsus in standaard 6, boeta in standaard 7 en ek in standaard 8.  Soos elke jaar is vroeg in die jaar boeke-oortrek tyd. Ek en die ander twee is een middag na skool alleen by die huis. Boeta en kleinsus het weereens my arm gedraai en ek is besig om skoolboeke namens hulle oor te trek. ’n Klop aan die deur en daar is ‘n oompie wat verduidelik dat my ma hom gebel het om ’n kwotasie te kom doen vir die dak wat lek.

Hy kom ewe vriendelik in en ek wys vir hom waar die daklek probleem is. Die kaggel het vir baie jare probleme veroorsaak. Soos wat ek vir hom die dak se storie vertel maak hy aantekeninge. Ek sit sommer in die sitkamer op die mat en trek vêrder boeke oor. Gawe oom Gert sit en vra uit oor watter skool ons in is. Hoe ons in die middae by die huis kom. Watter standard ek in is. Hoe lank voor my treinspore af kom.

Hy sê vir my hy wil vir Joey gaan wys watse mooi kind ek is. Maar ek is skielik skaam om alleen uit te gaan, want die enigste Joey wat ek geken het, was ’n seunsvriend van my broer. In my gedagtes is dié Joey wat hy van praat, sy seun.

Toe hy klaar geskryf het, sê hy vir my ek moet saam loop sodat Joey nou kan sien watse mooi kind ek is.  Ek stap maar saam uit buitekant toe.  In die oprit staan ‘n wit 1400 bakkie.  Tot my teleurstelling is die Joey ’n vrou.  Oom Gert kyk na haar en sê: ‘Dis ’n mooi kind, nê?’  

’n Week later hoor ons oor die nuus van Gert van Rooyen wat hom en sy houvrou Joey Haarhoff doodgeskiet het.  In die paar dae kom die verskillende stories uit van al die kinders wat verdwyn het. Van die meisie wat ontsnap het.  Ons besef dat ek moontlik in sy visier was.  Ek het blonde bob hare gehad op daardie tyd en dit, saam met my blou oë het presies in sy voorkeur groep in geval.  Hy het nie baie van die treinspore gehou nie.  Hy het gesê dat dit nie vir hom lyk asof ek dit nodig het nie.  

Ons besef hoe maklik dit vir iemand is om uit te vind wat jou bewegings is.  Die gawe oom Gert het geweet watter hoërskool ons toe gegaan het. Hy het geweet watter pad ons huis toe geloop het. Hy het ’n aanmerking gemaak oor die veld waardeur ons kon kortpad loop. Sy helper het geweet hoe ek lyk. Ek kan nie vir jou sê of ek saam met haar of hom in die kar sou klim indien hy die kontrakteur sou wees wat ons huis se dak reg gemaak het nie.  Ek kan wel verstaan hoekom iemand anders dit sou doen indien hulle hom of haar op so ’n manier ontmoet het.  

Hy sou nie ’n vreemdeling gewees het nie.

Read more on: school  |  teen  |  abuse  |  abduction  |  safety
NEXT ON PARENT24X

Read Parent24’s Comments Policy

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
1 comment
Add your comment
Comment 0 characters remaining
 
 
There are new stories on the homepage. Click here to see them.