Share

V&A: Middelkind onmoontlik

accreditation

Kindersielkundige Naomi van Wyk antwoord:

Ek kan glo dat jy moedeloos voel. Jy het 3 baie jong kinders om gelyk voor te sorg en ek kan net dink hoe uitputtend dit soms moet wees.

Jou middelste kind se gedrag klink vir my baie na aan normaal vir sy ouderdom. Soos kleintjies nader kom aan 2 beleef hulle soms intense frustrasie. Ek vind dat kinders wat later begin praat soms hierdie frustrasie selfs meer voel omdat hulle nie uiting kan gee aan hulle gevoelens in woorde nie. Dit is ook heeltemal normaal vir jou kind om nog nie te praat nie – sommige kleuters begin eers ná die ouderdom van 3 hulle eerste woorde sê.

Terwyl jou kleinding se gedrag normaal is vir sy ouderdom, is dit steeds nodig om perke te stel op hoe hy sy frustrasie uitdruk. Jy is reg, ek kan glo praat help niks nie. Hy is nog te klein om verduidelikings oor sy gedrag te verstaan. Hy reageer hoogs waarskynlik bloot op sy emosies sonder om te dink wat hy doen (soos meeste kinders van daardie ouderdom).

Die eerste stap is om kalm te bly en dit nie persoonlik op te vat nie. ‘n Kind wat tantrums gooi kan ‘n mens baie gou soos ‘n slegte ma laat voel. Dit is nie jou skuld nie, dis ‘n ontwikkelingsfase. Hy gaan waarskynlik oor ‘n jaar van nou vanself ‘n baie makliker kind word om te hanteer.

Die volgende ding om te onthou is dat woede, skreeu, gooi en bene in die lug skop kinders geen skade doen nie. Dit is nie afskeping of verwaarlosing om sulke gedrag min aandag te gee nie.

Ek stel voor dat jy die volgende probeer wanneer hy goed begin gooi: Sê duidelik ‘Nee’, tel hom op en verwyder hom uit die geselskap todat hy kalmeer het. Gee egter so min as moontlik aandag aan die gedrag. Kinders ervaar aandag, ook die aandag van raas en baklei, as positief en is altyd geneig om meer te doen van dit waarvoor hulle aandag kry.

Kyk uit vir kere wat hy dit regkry om nie iets te gooi nie, en prys hom met aandag wanneer dit gebeur.

Wees ook versigtig om nie vir hom die etiket van ‘moeilike middelste kind’ te gee nie. Dit is moeilik om dit weer te verander. Kyk uit vir watter positiewe dinge hom uniek maak in julle gesin en beklemtoon dit.

Ek is seker jy doen alles in jou vermoë om jou kinders ewe veel aandag en liefde te gee onder moeilike omstandighede. Probeer om nie so hard op jouself te wees hieroor nie. Jy is ook net ‘n mens met beperkte energie, tyd en reserwes. Maak seker jy maak tyd om vir jouself ook te sorg.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE