Share

Songs you sing to your little ones

My gunsteling liedjie vir my dogtertjie (nou 4) was Nanki-Pooh van Mynie Grove. Ek het dit elke aand vir haar gesing, partykeer 5 of 6 keer agtermekaar, tot sy aan die slaap geraak het. Partykeer het ek sommer die CD op "repeat" gestel!! Die woorde is baie spesiaal vir my, veral omdat ek en my man meer as 3 jaar gesukkel het en die dokters ons meegedeel het dat ons nooit kinders sou kon hê nie. Toe, op amper 37jaar, is sy uiteindelik met ons. Sy's definitief ons geskenk van God.

Die woorde is soos volg:

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.

'n Mensie in wording, hier onder my hart, my liefde was joune, van toe af tot nou
En van die begin af het ek al gevoel; vervulling is myne, ek is nou 'n vrou!

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.

Jy het gekom en my lewe verander; 'n seunskind met bruin oë, soos ek altyd wou. ( hier sou ek sing " 'n meisie met groen oë ")
En mag dit gegee word, dat ek jou nooit faal. Vervulling is myne, ek is nou 'n vrou!

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
x 2

Ek dink dis een van die mooiste kinder wiegeliedjies wat ooit geskryf is.

Daar is baie ander liedjies waarvan ek nie eens die name kan onthou nie, wat ook vir 'n baba gesing kan word en nie noodwendig net tussen man en vrou nie.

Ek het baie van hulle gesing as dit oor die radio speel en dan loop die trane sommer vir niks. Mens raak mos vreeslik emosioneel oor die simpelste goed as jy eers 'n ma is. Selfs simpel advertensies met kinders of diere laat my sommer grens!

Baie dankie vir julle gereelde lekker nuusbriewe en interessante webtuiste. Ek geniet dit baie en probeer om alles te lees sover moontlik.


Carina
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE