Share

Pizza à la mamma

accreditation

Vars volgraan-pizza

Genoeg vir 4 groot pizzas

WENK: Pak al die bolaag-bestanddele uit en laat elkeen sy eie pizza bou.

JY HET NODIG

VOLGRAANDEEG

  • 10 g (1 pakkie ) kitsgis
  • 2,5 ml (½ t) suiker
  • 375 ml (1½ k) louwarm water, of genoeg om ’n sagte deeg te vorm
  • 500 g volgraanmeel
  • ’n bietjie olie
  • sade soos 15 ml (1 e) sonneblomsaad en 15 ml (1 e) lynsaad
  • sout

TAMATIEBASIS

  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekneus en fyngekap
  • 2 houertjies pasata
  • growwe sout en varsgemaalde swartpeper
  • ’n hand vol vars basiliekruid

MAAK SO

  1. Roep die kinders. Begin meng: Plaas die gis, suiker en water saam in ’n groot meng­bak. Voeg die meel by die water en meng tot ’n deeg begin vorm.
  2. Plaas die deeg op ’n meelbestrooide werk­vlak en knie tot dit blink en elas­ties is. Smeer die deeg met ’n bietjie olie, plaas in ’n groot bak, bedek met ’n kombuis­doek en laat vir sowat 1 uur op ’n warm plek rys. ­
  3. Begin intussen met die tamatiebasis: Ver­hit die olie in ’n kastrol en braai die knof­fel tot ligbruin. Voeg die pasa­ta by, geur met sout en peper en maak deur­warm. Verwyder van die hitte en roer die basiliekruidblare by.
  4. Voorverhit ’n plat bakplaat in die oond tot 200 °C. Verdeel die deeg in vier ewe groot stukke en rol dit op ’n meel­be­strooi­de werkvlak uit.
  5. Plaas een basis op die warm bakplaat en bak vinnig in die oond tot halfgaar. Ver-
    wyder uit die oond en verhit intussen weer die bakplaat. Bou nou die pizza terwyl jy die ander basis solank halfpad bak: Smeer die tamatiebasis op die halfgebakte basis en pak jou gunsteling-bestanddele (sien langsaan) bo-op. Bak vir 10 – 15 min of tot die kaas goudbruin is en die pizza bros.

Idees vir pizza-bolae:

  • Vleis soos parmaham, coppa-ham, gerookte hoender en brosgebraaide spek
  • Kaas soos mozzarella, ricotta, feta, parmesaan en bok­melk­kaas
  • Vis soos gerookte salm, geblikte tuna en ansjovis-filette
  • Vars groente soos kersietamaties, avokadopeer, aspersies en rooi uie
  • Geroosterde groente en vrugte soos botterskorsie, soet­rissies, eiervrug, murgpampoentjies,
    sampioene en pynappel
  • Kruie soos roket, waterkruid, salie en balsemkruid

DINK SLIM

  • Verdubbel die pizzadeeg-resep en bak die ekstra pizzas tot halfgaar. Hou dit in die vrieskas vir ’n vinnige middag- of aandete.
  • Spaar tyd deur klaarbereide tamatiesous te koop. Ina Paarman se produkreeks het ’n heerlike tamatie-pastasous wat goed werk op pizza. Indien die gekoopte sous te loperig is, kan jy dit vir ’n paar minute afkook.
  • As jy baie min tyd het, kan jy klaarbereide brooddeeg by jou naaste supermark-bakkery koop.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE