Share

Springmieliepret

accreditation

Springmielies is ’n goedkoop, gesonde snoephappie vir kinders en grootmense. Dis laag in vet (sonder al die botter) en veselryk.

Genoeg vir 4

Jy het nodig

olie vir vlakbraai

60 ml (¼ k) springmielies

Maak só

  1. Verhit genoeg olie om die bodem van ’n middelslagkastrol te bedek oor hoë hitte.
  2. Voeg die mieliepitte by, roer goed deur en plaas die deksel op die kastrol.
  3. Laat die mielies vir 2 – 3 min skiet of tot alles opgepof is.

Prettige geurmiddels

Botter-springmielies:

Smelt 50 g botter en geur met 15 ml (1 e) sout en roer deur die springmielies.

Karamel:

Meng 160 ml (2/3 k) bruinsuiker, 60 ml (¼ k) gouestroop, 40 g botter, 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak en 10 ml (2 t) water. Verhit dit oor lae hitte tot die suiker opgelos en die botter gesmelt is. Laat vir 3 min kook. Roer deur die springmielies.

Klapper:

Meng 125 ml (½ k) geroosterde klapper met 60 ml (¼ k) gesifte versiersuiker en 70 g gesmelte botter

Sjokolade:

Meng 80 ml (¼ k) versiersuiker (gesif) en 30 ml (2 e) kakaopoeier en 70 g gesmelte botter.

Maak jou eie mikrogolfsakkies

Jy het nodig

1 bruin middelslag-kardoessakkie (ongeveer 24 x 12cm)

60 ml (¼ k) springmielies

20 g botter

½ t sout

Maak só

  1. Voeg al die bestanddele saam in die sakkie. Vou dit twee keer bo-om en druk dit styf toe. Maak seker dat jy genoeg ruimte vir die opgepofte springmielies toelaat.
  2. Plaas dit op die voukant op sy sykant in die mikrogolf.
  3. Skiet die springmielies vir 2 – 3 min op die hoogste stelling van die mikrogolf of tot dit nie meer skiet nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE