In die hartjie van die Oos-Vrystaat, halfpad tussen die toeristedorp Clarens en Fouriesburg, sal motoriste dié skoktoneel aantref: ’n slaggat wat byna die helfte van die pad ingesluk het.
Die sinkgat, wat vermoedelik weens etlike seisoene van swaar reën en ’n algehele gebrek aan instandhouding die pad laat instort het, staan al vir byna twee jaar oop.
Soos ’n sweer.