Dr. Michelle van Zyl van kykNET se Real Housewives-faam het Vrydag in die landdroshof op Somerset-Wes verskyn op aanklag van aanranding, ná ’n vroegoggend-relletjie met haar man.
Wat presies tussen Michelle, wat bekendheid verwerf het vir haar deelname aan die reeks Die Real Housewives van die Wynlande, en dr. André Olivier gebeur het, is egter onseker omdat albei die voorval as niks probeer afmaak.
Michelle sê daar is bloot oorreageer toe sy Vrydagoggend in hegtenis geneem en voor die hof gedaag is, en dat die nodige verskonings reeds gemaak is.