Deel

Kies koers na Namibië en ontdek baie meer as net woestynsand

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Namibië se natuurskoon en soms dramatiese landskappe is ’n fotograaf se droom.                Foto’s: SHUTTERSTOCK
Namibië se natuurskoon en soms dramatiese landskappe is ’n fotograaf se droom. Foto’s: SHUTTERSTOCK

Of dit nou vir die ryk geskiedenis is of om die natuurprag te aanskou in die land waar woestyn en see ontmoet, daar is ’n paar ervarings wat eenvoudig op jou lysie moet wees.

Caylin Jansen, Team Namibia se nasionale koördineerder, deel geregte, ontspanningsgeriewe en vele besienswaardighede wat jou ervaring na die volgende vlak sal neem.

Eet en drink soos die ‘locals’

As daar nou ’n gedeelte van ’n toer is wat die ervaring vir jou kan maak of breek is dit kos en drank. Geure en smake bly jou lank by, dus is dit belangrik om net die bestes uit te probeer!

Caylin sê op hierdie gebied hoef haar tuisland nie terug te staan nie, want daar is vele fynproewersgeregte om uit te toets.

“Namibië bied ’n ryk verskeidenheid van disse wat jou smaak sal bevredig. Probeer tradisionele geregte soos biltong, kapana (braaivleis), mopaniewurms (’n plaaslike lekkerny), en natuurlik ook wildsvleis.”

As jy ’n bierdrinker is, kan jy nie ’n fout maak met plaaslike bier soos Windhoek of Tafel Lager nie. Vir ’n verfrissende, ongewone nie-alkoholiese lafenis, is daar mutete (hibiskussap). Nie net is dit heerlik nie, dit word ook as ’n “superkos” beskou.

Ontspanning en aktiwiteite

Vir ontspanning in Namibië, is daar ’n wye verskeidenheid opsies en aktiwiteite om van te kies, maar jy kan ook net sit en niksdoen en jou gemoed deur die landskap laat sus, sê Caylin.

“ ’n Safari in een van die na­sionale parke of wildreservate is ’n onvergeetlike ervaring, terwyl ’n besoek aan die Namib-woestyn jou ’n gevoel van rus en verwondering kan gee,” sê sy.

Ander aktiwiteite sluit in sandbordry, warmlugballonritte, en selfs seelewekyk in die land se kusgebiede, voeg sy by.

Om jou kuier in Namibië verder af te rond is daar ook verskeie dienste wat jy kan benut om jou ervaring te verbeter.

Dit sluit in toergidsdienste vir ’n meer intensiewe ervaring van die plaaslike kulture en natuurlewe, voertuighuur vir selfbestuurde toere, en verblyf-opsies wat ’n verskeidenheid behoeftes kan vervul X van luukse lodges tot beskeie gastehuise.

“As jy die dierelewe wil ervaar, kan dit voordelig wees om ’n gekwalifiseerde veldwagter as gids te gebruik wat jou deur die veld lei en jou help om die meeste uit jou avontuur te put.”

Eg Namibiese produkte wat jy móét probeer

Hoewel daar baie Namibiese produkte is wat Suid-Afrikaners ken, is daar ook vele wat jy nie moet oorslaan as jy gaan kuier nie. Sit heel eerste die wildsvleis-biltong en -droëwors op jou lysie, en kry ook die volgende:

Springer-likeursjokolade: Wie geniet nie ’n soet ding ná ete nie? Springer se likeursjokolade sal jou beslis laat twyfel in ons plaaslike lekkernye. Onder die warm Namibiese son moet jy maar vinnig hap hieraan.

Hartlief se kouevleise: Hartlief is een van Namibië se grootste vleisprodusente en hulle spog met verskeie gegeurde en gerookte kouevleise – daar is een vir elke smaak.

Pasta La Vita: Ontdek ’n proeseltjie van Italië in die hartjie van Windhoek. Hierdie heerlike Namibiese pasta, wat Namib Meulens plaaslik met 100% durum-graan maak, is heilsaam en vervoer maklik.

Jägermeister: Die meeste van ons is seker welbekend met hierdie drankie wat herinner aan droplekkers of hoesmedisyne. Ná jare bly dit steeds ’n eg Namibiese instelling en iets wat die partytjie woema sal gee.

Walvisbaai se oesters: As jy ’n liefhebber van vars oesters is, moet jy beslis in Walvisbaai ’n paar van dié knewels gaan opslurp. Gaan snuffel in die vismarkte vir vars oesters en bederf jouself. As jy gaan ry, maak seker jy vries dit reg.


GEBORG

Gondwana


Gaan op reis deur die asemrowende landskappe van Namibië met jou Gondwana-kaart – jou toegangskaartjie tot onvergeetlike ervarings en onverbeterlike besparings. Burgers van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) geniet tot 40% afslag op verblyf, etes en avonture. Jou Gondwana-kaart is boonop ’n ongelooflike vyf jaar lank geldig, wat jare van opwindende ontdekkingstogte waarborg.

Sluit vandag aan en ontdek die wonders van Namibië deur hier te klik.

Taleni Africa

Verken Namibië se twee bekendste besienswaardighede in kombinasie met die uitstekende gasvryheid waarvoor Taleni Africa bekend is.

Klim die hemelhoë rooi sandduine van die Namib en bly digby die ingang na Sossusvlei, waar jy ’n keuse van luukse verblyf, self-sorg en kampering het. Verken die diereryk van die Etosha Nasionale Park vanaf die bekostigbare Etosha Village wat slegs 2 km van die Okaukuejo-ingang geleë is. Daar is ook kampeerplekke by Etosha Village en Etosha Handelshuis, wat met sy vulstasie en veelsydige winkel ’n landmerk geword het om by te stop op pad na die park.

Vir navrae of om te bespreek, stuur e-pos na besprekings@taleni-africa.com of skakel 021 930 4564.

Live the Journey

Live the Journey CL foto

Live the Journey bied reeds vir 21 jaar toere na Namibië. Die land met sy duine, vlaktes, wild en sonsondergange is hul hartland. Ry saam op ’n begeleide selfry 4x4-woestyntoer, Lüderitz na Walvisbaai of Faces of the Namib, of bespreek ’n korter, privaat duine-ervaring.

Tydens een van hul slenterstaptoere ervaar jy die uniekheid van die natuur en die “luuksheid” van hul span se diens. Die Namib100 en Kuiseb90 is stapervarings sonder weerga. Hulle help met roetebeplanning vir reisigers wat op hul eie wil verken en bied ’n bustoer vir diegene wat eerder in ’n groep wil reis. Live the Journey is jou Namibiese reisgenoot. Vir navrae of besprekings skakel 021 8636400 of stuur e-pos na info@livethejourney.co.za

Tommy’s Living Desert Tours

Tommys Livind Desert Tours

Kom beleef saam met Tommy’s Tours & Safaris die klein diertjies van die woestyn! Die Namibwoestyn blyk kaal en leeg te wees, maar dit is glad nie die geval nie. Daar is vele interessante wesentjies wat dit bewoon. Saam met hul opgeleide gidse kan jy spoorsny en meer leer oor diertjies soos die baie interessante en pragtige Palmato-geitjie. Kyk of jy die oë van Peringuey se adder kan onderskei van die sandkorrels, en vind uit hoe lank die Namakwa-verkleurmannetjie se tong nou eintlik is. Die toer word afgesluit met ’n opwindende rit deur die pragtige Namibiese duine en ’n beeldskone uitsig oor die Atlantiese Oseaan.

Bespreek vandag nog jou plek om teleurstelling te voorkom. Skakel gerus +264 81 128 1038 of stuur e-pos na info@livingdeserttours.com.na.

Livestock and Livestock Products Board of Namibia

Livestock and Livestock Products Board of Namibia

Namibiese rooivleis word natuurlik geproduseer, daarom is dit so smaaklik en sag!

Die Farm Assured Namibian Meat Scheme (FAN Meat) se doel is om aan internasionale kopers die versekering te gee dat Namibiese uitvoervleis veilig, gesond en van goeie gehalte is en dat die oorsprong daarvan naspeurbaar is.

Namibië se primagehaltevleis word regdeur die waardeketting volgens die hoogste gehalte- en veiligheidstandaarde deur die Livestock and Livestock Products Board of Namibia beheer en gewaarborg.

Beach Lodge

Beach Lodge

Die naam sê alles. Die vars seebries en kalmerende geluide van die Atlantiese Oseaan snags sal enige besoeker se reis in ’n droomvakansie omtower. Die Beach Lodge sit reg op die strand in ’n pragtige woonbuurt sowat 5 km van Swakopmund se dorpskern af. Kies tussen hul twee gesinskamers, nege dubbelkamers en sewe luukse kamers. Daar is geskikte verblyf vir individuele reisigers, gesinne en sakereisigers. Hierdie is een van die min plekke in die woestyn waar jy die sagte groen gras onder jou voete kan geniet en ’n paar meter verder, die sand tussen jou tone. Kamers op die boonste verdieping het balkonne met ’n lieflike uitsig.

Hotel Pension Rapmund

Hotel Pension Rapmund

Hotel Pension Rapmund in Swakopmund maak dit maklik om te ontspan. Die hotel is sedert sy begin in 1968 onder bestuur van die Rapmund-familie. Hulle bied 25 standaardkamers en twee luukse suites teen redelike pryse. Geniet ’n heerlike ontbyt met see-uitsigte in ’n vriendelike atmosfeer. Die hotel is ideaal geleë en is net sowat twee minute se stap van die strand en middedorp af.

Vir meer inligting skakel +264 64 402 035 of +264 81 140 1381.

Ngepi Camp

Ngepi Camp

By Ngepi Camp is daar 20 kampeerplekke waarvan die meeste met ’n rivieruitsig spog, 14 boomhuise en 3 boshutte met ’n privaat tuin.

Hulle bied ook die Badkamertoer, ’n avontuur wat jou sal laat glimlag en soms laat bloos, asook boot- en wildkykritte, mokoro-avonture, visvang-uitstappies en natuurwandelinge. Vind lafenis in die legendariese krokodil swembad.

Hier kan jy ook ontbyt, middag- en aandete geniet, asook ietsie kouds vir die keel.

Vir besprekings stuur e-pos na bookings@ngepicamp.com of skakel +264 81 202 8200.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.33
-0.8%
Rand - Pond
23.29
-0.9%
Rand - Euro
19.97
-1.1%
Rand - Aus dollar
12.29
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Platinum
1,094.50
+0.7%
Palladium
1,011.50
-0.0%
Goud
2,414.25
-0.1%
Silwer
31.49
+0.1%
Brent-ruolie
83.98
+0.9%
Top-40
73,214
0.0%
Alle aandele
79,531
+0.0%
Hulpbronne 10
63,559
+2.2%
Industriële 25
110,578
-1.0%
Finansiële 15
17,183
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos