In wese is daar nie ’n maatskaplike krisis in Gauteng nie; die Gauteng Care Crisis Committee probeer doelbewus ’n krisis “skep”.
Dié beskuldiging is deur die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling en sy LUR, Mbali Hlophe, aan die komitee en sy voorsitter, Lisa Vetten, gerig.
Die departement ontken dat hy Vetten vir laster dagvaar, “of minstens nog nie”, sê Themba Gadebe, Hlophe se woordvoerder.