Deel

Skiet ’n prop, proe wenwyne, dans ’n draai en maak jou maag vol lekkerte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy bekendstaan as ’n berugte feesganger, wees op die uitkyk vir al die ongelooflike feeste wat vanjaar (en volgende jaar) hul verskyning maak. Foto: ISTOCK
As jy bekendstaan as ’n berugte feesganger, wees op die uitkyk vir al die ongelooflike feeste wat vanjaar (en volgende jaar) hul verskyning maak. Foto: ISTOCK

Noudat die pandemie uiteindelik net 'n vae herinnering is, kan Suid-Afrikaners weer behoorlik doen wat ons die beste doen: kuier. En feeste is die ideale geleentheid om saam te kom en te ontspan terwyl daar geëet en gedrink word en na musiek geluister word.

Hier is nege feeste waarna jy in die volgende paar maande kan uitsien. Begin solank spaar vir 'n kaartjie!


Misty Waters-musiekfees

Is jy gereed om te rock? Word van 26 tot 28 April meegesleur deur die elektrifiserende klanke van die Misty Waters-musiekfees by die pragtige Lake Umuzi in Secunda. Suid-Afrika se voorste rock-, blues- en folkfees beloof ’n onvergeetlike buitelugervaring vir liefhebbers van “regte” musiek. Verwag dus plaaslike legendes soos Spoegwolf, Glaskas, Dan Patlansky, The Black Cat Bones, Tidal Waves en nog vele meer op die feesverhoog. Daar is iets vir almal – van energieke ritmes tot sielvolle deuntjies – en natuurlik ook lekker kos en aktiwiteite! Musiekliefhebbers van alle ouderdomme is welkom. Dis jou kans om die naweek om te dans! Koop vandag nog jou kaartjies vir hierdie onvergeetlike musikale reis.

Besoek hul webtuiste vir meer inligting. 

Great Kenton-wynfees (karoo)

kenton
kenton
kenton
kenton

Hierdie wonderlike fees het in 2021 sy buiging in die kaalvoethoofstad Kenton-on-Sea gemaak. Dit was uit die staanspoor ’n dawerende sukses, want die vakansiedorp se ontspanne atmosfeer is ideaal vir ’n wynfees.

Buiten die drie groot dae waarop geproe word, doen plaaslike besighede baie moeite om randgebeure soos meesterklasse, fynproeweretes, kos-en-wynparings en ander ervarings by die feeskalender te voeg.

Die Great Kenton-wynfees vind jaarliks in Maart plaas. Kaartjies is te koop by greatwineweekends.com of die Kenton-on-Sea-toerismekantoor.

Vir meer inligting, besoek die webtuiste vir meer inligting.

Pick n Pay Wyn- en Kosfees, Kaapstad

Kaapstad
Kaapstad
Kaapstad
Kaapstad
Kaapstad
Kaapstad

Bekroonde wyne, heerlike eetgoed en musiekvermaak wag 27 en 28 April op smulpape in Constantia, Kaapstad!

Bo en behalwe wyne van meer as 40 top-wynlandgoedere, kan feesgangers ook uitsien na die “Sparkling Experience” se verskeidenheid Cap Classique-wyne, vonkelwyn, Italiaanse prosecco en Franse sjampanje. Of bederf jouself en bespreek ’n heerlike kanapee-en-wynparing in die Pick n Pay Tasting Room.

By dié fees mag niemand honger ly nie. Watertandgeregte word by die Pick n Pay Fresh Food Market bedien en jy kan vooraf ’n pieknieksakkie bestel om op die grasperk te geniet. ’n Nuutjie by vanjaar se fees is BBP-kaartjies wat jou toegang tot sitplek in die koelte met gratis kos en drankies gee.

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Stoep Tasting-wynnaweke

STOEP
Foto's: CHARLENE WRIGHT
STOEP
STOEP
STOEP

Die Stoep Tasting-wynnaweek is in Mei 2014 in Graaff-Reinet gebore. Vyf wynmakers, vyf pragtige stoepe en 45 feeskaartjies later was dit die begin van ’n wonderlike wynfees.

Deesdae word die geleentheid oor twee naweke in Graaff-Reinet en Nieu-Bethesda gehou en is daar sowat 120 produsente wat deelneem.

Baie mense reken dat dit van die voorste wynnaweek-geleenthede in Afrika is, en wynliefhebbers kom elke Mei van heinde en verre om deur die twee pragtige dorpies se strate te drentel, wyn te proe en hul gunstelinge aan te skaf.

Gaan na greatwineweekends.com vir kaartjies en meer inligting.

Die Hermanus FynArts-fees

Justin Lee Photography
hermanus
Justin Lee Photography

Die Hermanus FynArts-fees keer van 7 tot 17 Junie vir die 12de keer terug met ’n propvol program van kunsuitstallings, optredes en uitvoerings (musiek, dans en teater), praatjies en aanbiedings, boekgesprekke en ontbytpraatjies oor huidige nuusgebeure, ’n reeks prettige en leersame werksessies, etes, wynproeë, kookdemonstrasies deur bekende sjefs, asook kulinêre werksessies. Moet dus nie hierdie unieke samevloeiing van kunstefees en winterskool in die pragtige kusdorp Hermanus misloop nie.

Gaan na hermanusfynarts.co.za vir die volledige program. Bespreek jou kaartjies deur Webtickets, by Pick n Pay-winkels landwyd, Hermanus-toerisme of die Fyn-Arts-galery. Vir meer inligting skakel 060 957 5371 of stuur e-pos na admin@hermanusfynarts.co.za.

Besoek hul webtuiste vir meer inligting. 

SPAR Kirkwood Wildsfees

kirkwood
kirkwood
kirkwood
kirkwood
kirkwood
kirkwood

Die Oos-Kaap se grootste gesinsfees sorg van Vrydag 28 tot Sondag 30 Junie vir drie opwindende dae propvol pret en vermaak. Kom snuffel en koop by die 300 spesialisstalletjies, geniet heerlike tradisionele geregte, ontspan saam met vriende, dans saam met die meer as 24 topkunstenaars voor die feesverhoog of bekyk die nuutste landboumasjinerie, buitelugbenodigdhede en nuwe voertuie. Alles is by die toegangskaartjie ingesluit. Ontdek jou wilde kant saam met die Addo-olifant Nasionale Park en plaaslike kunstenaars of beleef die opwinding van cowboy-boeresport met perde.

Vir avontuurlustiges is daar rekspronge, ponieritte, Zorb-balle, reusepoppe, verfbal en nog meer. Tussendeur kan jy lafenis gaan soek by die kykNet Leefstylplein, die Flowzone Bar, Bos Bistro en Lagerville-biertuin.

Besoek hul Facebook-blad of webtuiste vir meer inligting. 

Pick n Pay Wyn- en Kosfees, Durban

dbn
dbn
dbn
dbn
dbn

Sit jou feeshoed op en kom geniet op 27 Julie bekroonde wyne, lekker kos en feestelike musiek in uMhlanga.

Feesgangers kan heel middag na hartelus aan die wyne van uitgesoekte wynlandgoedere proe. Vir vonkelliefhebbers is dié fees beslis ’n moet, want daar’s ’n ongelooflike verskeidenheid Cap Classique en vonkelwyne om te probeer.

Heerlike eetgoed is te koop by die Pick n Pay Fresh Food Market, of bestel vooraf ’n piekniekmandjie om op die grasperk te eet.

Geniet vanjaar jou fees BBP-styl met ’n spesiale kaartjie wat sitplek in die koelte asook gratis kos en drankies insluit.

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets

Pnp Wyn- en Kosfees, Johannesburg

Die Wanderers-krieketklub is op 5 en 6 Oktober die plek om te wees as lekker wyn, kos en musiek jou hart warmer laat klop.

Wynliefhebbers kan wyne van meer as 40 wynlandgoedere kom proe, hulle verlustig in die “Sparkling Experience” se verskeidenheid Cap Classique-wyne, Franse sjampanje en ander vonkelwyne, of hul feeservaring met ’n kanapee-en-wynparing in die Pick n Pay Tasting Room afrond.

Smullekker geregte is te koop by die Pick n Pay Fresh Food Market, of jy kan vooraf ’n piekniekmandjie bestel.

Hoekom nie vanjaar se fees ekstra-spesiaal maak met ’n BBP-kaartjie nie? Daarmee kan jy heel middag in die koelte sit en met gratis kos en drankies bedien word!

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets

Oppiwater Kunstefees

Die Oppiwater Kunstefees is waarlik enig is sy soort, want dit is die enigste volwaardige kunstefees ter wêreld wat op ’n plesierboot aangebied word. Daarvoor is dit met ’n Naledi-toekenning vir beste innovering in die teaterwese beloon. Feesgangers kan vir ’n week lank kies en keur uit 30 Afrikaanse teaterproduksies. In dié tyd beland jy in ’n borrel van kuns, kultuur, lekker eet, mengeldrankies, dekpartytjies en vriende maak. Kom vaar gerus saam en kry jou dosis kuns “Oppiwater”.

Vir besprekings besoek www.oppiwater.com of skakel 011 844 6073. Kontak ook info@lefra.com of 011 815 3000 vir navrae.





Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.27
+0.7%
Rand - Pond
23.17
-0.1%
Rand - Euro
19.88
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Platinum
1,066.05
+2.7%
Palladium
1,011.05
+2.8%
Goud
2,387.77
+1.3%
Silwer
29.70
+3.8%
Brent-ruolie
82.38
-1.2%
Top-40
73,142
+1.1%
Alle aandele
79,362
+0.9%
Hulpbronne 10
62,869
+0.7%
Industriële 25
111,377
+0.8%
Finansiële 15
17,074
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos