Deel

Papierkuns: Bewertjie

akkreditasie
Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is 'n eenvoudige, treffende patroon wat jy self kan vou of vir jou ouer kinders kan wys om te vou.

Jy benodig:

  • Effekleurige en bypassende bont papier
  • Papiergom
  • 'n Vorm waarmee jy sirkels kan trek
  • Vislyn
  • Iets waarin die papier gehang kan word- ons het outydse wasgoedpennetjies en draadhanger gebruik

Voorbereiding:

  • Knip 'n verskeidenheid van dieselfde grootte sirkels uit die verskillende papiersoorte.
  • Vou die sirkels in die helfte, sodat die sirkels wat uit bont papier gesny is met die gedrukte kant na binne wys.

Maak so:

  1. Vou een van die sirkels oop en laat dit met die gedrukte kant na onder lê.
  2. Smeer die hele agterkant met gom en plak twee van die gevoude sirkels daarop- een op elke helfte (gebruik die vou as gidslyn).
  3. Maak weer een van die sirkel se kant plat, smeer weer gom en plak dan nog sirkels op dieselfde wyse vas.
  4. Wanneer jou papierbal genoeg sirkels na jou smaak het, plaas 'n lang stuk vislyn in die middel en plak die laaste twee helftes teen mekaar vas.
  5. Hoe meer sirkels jy gebruik, hoe meer kleure sal daar in jou papierbal wys.
  6. Sowat sewe sirkels werk goed, maar jy kan self besluit hoeveel jy graag sal wil gebruik.
  7. Minder as vier is nie aan te beveel nie.
  8. Jy kan meer as een bal aan een stuk vislyn sit, maak net 'n groot knoop aan die onderkant van die bal, of ryg 'n kraal deur, sodat al die balle in plek bly.
  9. Knoop die vislyn aan die wasgoedpennetjies en hang op.
Jongste uitgawe

Februarie tot Mei 2024

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees