book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2024
Deel

Jy’s ’n ster! Als oor beloningskaarte vir jou kleuter

akkreditasie
Deel jou intekenaarartikels.
Jy het 0 artikels om hierdie maand te deel. Stuur hierdie storie aan 'n vriend!
Hierdie webtuiste word beskerm deur reCAPTCHA en Google se Privaatheidsbeleid en Gebruikersvoorwaardes geld.
Laai tans...
Besig om te laai. Wag asseblief...
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Alle mense werk graag vir ’n beloning wat erkenning gee aan hul harde werk, of dit nou jou salaris is, ’n klop op die skouer, ’n bonus of selfs ’n spesiale toekenning. Vir ’n tuisblyma is die belonings meer subtiel, soos ’n nat soentjie op jou wang of daardie salige oomblik wanneer jou sluimerende japsnoet soos ’n engeltjie lyk. Net soos by volwassenes is beloning ’n uitstekende manier om die gewenste gedrag by jou kleuter aan te moedig.

’n Beloningskaart kan help met enigiets van potjielesse, tandeborsel en in haar eie bedjie slaap tot haar speelgoed bêre. Om dit op sy beste te laat werk, moet jy wel ’n paar riglyne volg. Ons het by die sielkundiges drs. Andri Burger en Annemarike de Beer van die sielkundige diensverskaffer Synergy Psychological Services in Roodepoort, Gauteng, aangeklop en hulle het die raad in dié artikel gedeel.

Die doel van ’n beloningskaart is om goeie gedrag te versterk. ’n Beloningskaart is ’n fisieke voorstelling van ’n ooreenkoms tussen jou en jou kind. Dit help jou as ouer om op doelwitte te fokus, om rekord te hou en om te oordeel watter gedrag verbeter het en wat steeds aandag verg. Jy kan ’n beloningskaart inspan vir enige gedrag wat verander moet word. Beloningskaarte werk goed vir kinders onder 12 jaar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Februarie tot Mei 2024

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees