Praksie gaan oor ons vermoë om uit te werk hoe om ons hande en die res van ons liggaam te gebruik om byvoorbeeld met ’n speelding te speel, ’n mes en vurk te gebruik of jou mond, kake en tong só te vorm dat dit ’n herkenbare klank maak.
Apraksie het te doen met die onvermoë om sensoriese en groot en fyn motoriese take te kan uitdink, beplan en uitvoer.
Terapeute en ander kenners verwys soms ook na die woord dispraksie wanneer hulle eintlik apraksie bedoel. Apraksie verwys na die afwesigheid van die vermoë om take te beplan en uit te voer, terwyl dispraksie net na ‘n effens ligter vorm van die toestand verwys, verduidelik Marli Smit, ’n arbeidsterapeut van Bloemfontein.