Deel

Basiese plaatkoek

akkreditasie
Hier is 'n maklike resep vir basiese plaatkoek.

Jy het nodig:

4 eiers

275ml (1½ k) suiker

10ml (2t) vanieljegeursel

500ml (2k) bruismeel of koekmeel

knypie sout

250ml (1k) water (jy kan ook  'n 125ml melk en 125ml water gebruik)

25ml (3e) olie 

10ml (2t) bakpoeier)

Klits die eiers en suiker saam en voeg die vanieljegeursel by. Klits baie goed tot dit lig en romerig is. Sif die meel en sout by die mengsel en vou in. Meng die vloeistof en olie saam. Voeg die bakpoeier by die vloeistof en klop dit met 'n lepel tot dit goed skuim. Vou die skuimende vloeistof dadelik in die beslag. Giet die mengsel in 'n gesmeerde pan en bak 25 minute teen 180 oC.

Jongste uitgawe

Februarie tot Mei 2024

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees